Tuesday, 19 May 2015

Hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies - Stakings



Besigheidstudies - Graad 10
Hedendaagse sosio-ekonomiese kwessies - Stakings
Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnis
·         ʼn Staking is gewoonlik die gevolg van ʼn arbeids verskil
·         Staking
o   Werknemers wat weier om te werk
·         Arbeidsgeskil
o   ʼn botsing van belange tussen vakbondlede en hulle werkgewer.
·         Mees algemeenste redes vir stakings
o   Lone,
o   Werksure en
o   Werksomstandighede
·         NB... Wetige  Stakings moet 2weke voor die tyd gereël word

Verskillende stakings:
1.       “Go-slow”
o   Daag op vir wek maar werk baie stadiger en vervaardig heelwat minder goedere as gewoonlik
2.       Simpatiestakings
o   Lede van ander vakbonde wat nie ʼn geskil met hul werkgewer gewissel het nie, sluit by die staking aan uit ondersteuning vir die werknemers wat wel in ʼn geskil betrokke is.
3.       Sitstakings
o   Werknemers daag op vir werk maar weier om enige werk te doen/
4.       ”Wildcat stakings”
o   Onwettig – vind plaas sonder waarskuwing.
5.       “Work to rule”
o   Werkers veroorsaak ʼn afname in produksie deur minimum te doen.
6.       Uitsluiting
o   Werknemers word deur hulle werkgewers uitgesluit en toegang tot die werksplek geweier


·         Terwyl werknemers staak, word baie minder of selfs geen goedere vervaardig nie
·         Wanneer werkers terugkeer werk toe, moet hulle soms oortyd werk om verlore produksietyd in te haal.
·         ʼn Politieke steurnis verwys na enige konflik op die politieke front.
·         Al is die staking wettig word werknemers nie betaal nie. “No work,no pay
·         Beleggers verkies om in lande te belê wat polities stabiel is.

Stakings, arbeidsgeskille en politieke steurnisse beïnvloed sakebedrywighede soos volg:
·         Stakings en politieke steurnisse skrik potensiële beleggers af.
·         Stakings veroorsaak ʼn afname in produksie.
·         ʼn Staking kan ernstig genoeg wees dat ʼn onderneming moet toemaak.
·         Stakings lei tot ʼn verlies in inkomste.

Geweld
·         Geweld – Verwys na ʼn aggressiewe handeling en behels die gebruik van mag.
·         Geweld word meestal gebruik wanneer
o   iemand weerstand bied, of
o   om mag te verminder of vermeerder,
o   soos bv. die polisie wat geweld gebruik om stakers onder beheer te kry
·         Daar is verskillende soorte geweld
o   Politieke geweld
§  Aggressiewe optrede a.g.v. politieke onstabiliteit
§  Kan lei tot bv. oorlog en terrorisme
o   Emosionele geweld
§  Behels aanhoudende kritiek en dreigemente
§  Veroorsaak emosionele myn en angs
§  Afkraak
o   Fisiese geweld
§  Geweld in vorm van fisiese mag, bv. skop  of ʼn vuishou.
§  Veroorsaak fisiese pyn.
o   Huishoudelike geweld
§  Verwys na fisiese en/of emosionele geweld in die huishouding.
§  Vind plaas binne die gesin

·         Iemand wat aan geweld blootgestel word kan getraumatiseerd wees lank nadat die geweld opgehou het.
o   Simptome van trauma
§  Bang en skrikkerig
§  Gespanne
§  Geen konsentrasie
§  Skok, ontkenning en ongeloof
§  Moeg en geïrriteerd
§  Emosioneel



·         Trauma beïnvloed werksverrigting.
·         Werkgewers moet dus strategieë bedink om ondersteuning te bied aan getraumatiseerde werknemers.
o   Sielkundige berading
o   Polisie sin was eers verpligtend maar nou nie meer nie

Geweld beïnvloed sakebedrywighede soos volg:
·         Politieke geweld skrik beleggers af
·         Ondernemings in geweld geteisterde gebiede word moet soms toemaak vir die duur van die geweld – dit veroorsaak ʼn verlies aan inkomste en produktiwiteit.
·         Werknemers wat deur geweld geraak word, is soms minder produktief.

No comments:

Post a Comment